Zhunel Beeselaar

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok is ń tydlose elegante ontwerp met ń unieke kleurkombinasie wat my droom om soos ń prinses te lyk verwesenlik het. Die bedrukte Brokaat van silwerblou gee die rok ń grasieuse betowering.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok gee vir my ń gevoel van nostalgie. Toe ek klein was was een van my gunsteling films Barbie: Princess and the Pauper en wou ek ook eendag voel soos ń prinses. Die oomblik wat ek hierdie rok gesien het, het geweet dat dit my matriekafskeidrok gaan wees en my gaan transporteer na my eie koninklike verhaal.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is die strapless korset wat bygedra het tot die koninklike ontwerp. Die rok het ook baie volume en beweging gehad as gevolg van die materiaal wat verkillende kleure vertoon soos die lig op dit val.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media