Zenke Enslin

Hoër Volkskool, Graaff-Reinet

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur die bekwame hande van ontwerper Anton Randall in Gqeberha gemaak. Dit was indrukwekkend om te sien hoe hy van 'n foto as inspirasie die rok ontwerp. Met 'n winter matriekafskeid wou ek 'n rok hê wat moue het, maar tog elegant en modern lyk. Hy het hom goed van sy taak gekwyt en het my droom matriekafskeidrok ontwerp. Die rok is 'n tydlose ontwerp met vloeiende moue, perfek om die koue windjie af te weer. Dit het 'n effense sleep gehad wat die rok afgerond het. Ek het 'n stylvolle rok gesoek wat my individualiteit sal uitbring, wat weer op 'n ander geleentheid gebruik kan word.Die lang moue het nie net bygedra tot die uniekheid van die rok nie, maar het 'n stylvolle uitvloeisel geword van die bostuk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Volkskool, Graaff-Reinet

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vroeg Februarie is ons in kennis gestel dat ons matriekafskeid vervroeg sou word na 22 Junie 2023. Teen daardie tyd het ek nog geen idee gehad vir 'n rok nie. Ek moes vinnig 'n rok probeer kry wat boonop sal werk vir die koue Karoo aand. Ek het ure spandeer op Pinterest om 'n stylvolle rok (met praktiese,tog elegante, moue) te soek, waar ek die beste idee raakgesien het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die stylvolle rok het my perfek gepas. Die moue was uniek en het steeds elegant gelyk as die windjie gewaai het. Dit is ongelooflik hoe 'n rok jou so pragtig kan laat voel. Elke 5 jarige dogtertjie se droom is om 'n prinses te wees en hierdie rok het my kinderlike drome laat waar word.

Datum van matriekafskeid?

2023-06-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media