Zemke Lombard

Paarl Girls High

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek dra 'n pragtige swart satyn cowl nek rok deur NZ Studio, gemaak deur Zahn van Heerden. Ek het hierdie rok in Januarie gekies, en van die oomblik wat dit my oog gevang het, het die rok se elegansie my bekoor en 'n tydlose sjarme ontlok. Dit laat my soos 'n rooitapytmodel voel, wat selfvertroue en grasie uitstraal. Om bietjie ‘n WOW element in te bring het ‘n groen skoen daarby gedra wat perfek met die materiaal beweeg het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Girls High

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek voel my Matriekafskeidrok is tydloos en gaan nog baie jare iets wees waarna almal sal kyk! Vanaf daardie oomblik in Januarie toe ek dit op Rat & Boa se Instagram blad gesien het, het dit dadelik my aandag getrek en deur die hele jaar heen was daar geen ander rok wat my kop laat draai het nie. Ek wou van die begin af 'n tydlose klassieke rok hê wat ek oor 10, 20, 30 jaar kan terugkyk en weer sal dra. Die eenvoudige en elegante styl pas perfek by my, want ek is nie iemand vir oorvloedige glitter en tierlantyntjies nie - ek verkies eerder 'n "plain Jane" benadering.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die cowl nek en die manier waarop die rok met elke tree beweeg. Dit voeg 'n besondere grasie en vloeiendheid toe aan die voorkoms. My Matriekafskeidrok is werklik iets om lief te hê, waarop ek trots kan wees en nog baie jare sal kan dra na funksies wanneer ek klaar is met skool.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media