Zelri Pottas

H/s Langenhoven

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n ware uitting van elsentriek "glamour". Dit is n groot en opvallend met n oorvloed van pragtige pienk materiaal. Wat hierdie rok so uniek maak, is dat dit aanpasbare ontwerp het. die groot romp kan afgehaal word om n eenvoudige en lang dansrok te onthul, wat ideaal is vir n matriekafskeid waarin ek wil uitstraal, maar ook met gemak my aand kan geniet en tot die heel laaste liedjie dans. hierdie spasiale geleentheid waar ek wil uitstaan, bied die beste van beide wêrelde, n dramatiese aandrok en n stylvolle dansrok.Die een skouer ontwerp was verbasend gemaklik en het ook die ontwerp n bietjie van n ëdge"gegee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

H/s Langenhoven

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

my rok is uit en uit deur Barbie geinspireer!!! Dit is nostalgies en vay my terug na die dae waar ek en my suster Barbies flieks gekyk het. As n klein meisie was dit my droom om n lewensgrote Barbie te wees en uiteindelik as n 18 jarige dame kon ek dit wees vir n aand!!! Dit was so baie pret en n spesiale oomblik vir my om my kinderlike drome te eer en uit te leef vir n spesiale geleentheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is n paar goedjies wat my gunsteling was: Eerstens natuurlik dat ek Barbie kon wees vir n aand!! my tweede gunsteling deel was, dat ek deel van my rok se ontwerp en maak was. My ma het my rok gemaak so, ek het saamgesit aan hoe en wat ek soek. Dit was nie maklik nie. Maar was beslis n eer gewees om die kunswerk wat sy gemaak het te kon dra. Laaste maar nie die minste nie. Date die rok bietjie över the top was"!! Party mense het gedink "wat op dees aarde"ander was mal daaroor en dit was presies wat ek wou hê!!! Die rok was vir my n simbool van self liefde en selfvertroue. Die rok hret fisies vir my mej SA 2019, Zozibini Tunzi, se woorde gesimboliseer "Nothing is as important as taking up space in socialty and cementing yourself".

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media