Zelmia Dege

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hulle sê mos hoe rooier hoe mooier. So ek het ‘n wynrooi satyn materiaal gekies wat my ontwerper verskeie voue om my lyf gemaak het vir die onderkant. Dit het ook ‘n pragtige sleep wat ek voel baie elegant lyk. Vir die bokant is dit ‘n korsetstyl top wat opryg met dieselfde wynrooi lint. Die korset is vleeskleurig met ‘n blommetjie patroon bo-oor.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek sien nog altyd myself in ‘n rooi matriekafskeid rok. Ek het honderde verskillende foto’s van rooi rokke op my foon wat ek nou al van die begin van my Hoërskool loopbaan bymekaar maak, my rok lyk nie naby aan een van hulle nie maar dis seker die idee wat tel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur is seker my gunsteling deel van die rok en dat sulke unieke ontwerp geskep is daarmee want soveel dogters het ook hierdie kleur gekies vir hulle droom dag maar ek vind dat myne glad nie soos enige een van daardie ontwerpe lyk nie. Ek voel soos “royalty” in die rok en elke aspek van dit het my net gemaklik laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media