Zelmarie van der Merwe

Pongola Akademie Hoerskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok gekoop met geen hoop dat ek mooi sal voel daarin nie. Ek het vir lank gesukkel met my selfbeeld en het min vertroue gehad in myself. Ek het geweet dat ek n paar veranderinge aan hom wil maak, en was so geseënd toe my tannie vir my sê dat sy dit graag vir my sal wil doen. Ons was bekommerd oor die bo-stuk se materiaal, en al die veranderinge wat daarby moes gaan. Ons het toe besluit dat ons die hele bo-stuk gaan oor doen sodat dit by my styl en persoonlikheid sal pas. Ek het verlief geraak op die eindresultaat en kan met n trotse hart sê dat ek nog nooit so mooi gevoel het nie. Dit het die manier wat ek na myself kyk verander en ek sal daai spesiale oomblikke vir altyd koester.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma. Sy het saam met my die reis aangepak om meer van wie ek as persoon is, te hou. Ek het in totaal 23kg verloor voordat ek die moed gehad het om vir rokke te soek. Toe ek die eerste rok aanpas kon ek sien hoe my ma se gesig ophelder, en vir die eerste keer het ek besef wat sy sien. n Sterk jong dame wat nog baie in die lewe kan bereik. Alhoewel ek geweet het dat ek nog baie aan die rok wil verander, kon ek alklaar die prentjie in my kop sien. Dit was die beste reis van my lewe om my ma as my inspirasie te kon hê en my matriekafskeidrok prentjie mooi te kon maak. Sy was my steunpilaar en ek voel trots op myself.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die pêrel-geditalieërde sleë. Dit het my rok perfek afgerond.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media