Zantoné Branken
Kosterskool Gekombineerd
Tuisdorp
Koster
Skool
Kosterskool Gekombineerd
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp en gemaak deur my gunsteling ontwerper, Willem Terblanche! Met elke fitting het ons iets verander en aan die einde het ek daar uitgestap met 'n rok wat meer as net my wildste drome oortref het!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die 'vintage-look' en omdat ek nie die girlie tipe girl is nie wou ek uit my gemaklike boksie klim en almal verras met iets heeltemal anders as wat hulle verwag het!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok simboliseer vir my die einde van my skoolloopbaan en 'n nuwe begin as volwassene! 'n Tikkie heimwee wat in my binneste rondgejaag word deur rebelse butterflies!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
'n Laaste lekker kuier as skoolkind saam met my beste vriende, voor ons die grootmenslewe saam aandurf...
Planne vir na matriek
Ek begin volgende jaar my studies as Sjef by The Roots Academy in Potchefstroom.
Gunsteling woord in Afrikaans
Brein-pouse
Datum van matriekafskeid
2025-10-02