Zante Oosthuizen

Vanderbijlpark

Tuisdorp

Vanderbijlpark

Skool

Vanderbijlpark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is ontwerp deur Mariska van Mariska Pfahl Couture. Ek is n Tipe 1 diabeet so die rok is uniek met n spesiale "wegsteek" sakkie onder die val om my insulien pomp weg te steek. Satyn was gekies vir n luukse glans. Rooi simboliseer liefde en warmte. Die bo-stuk is van sagte kant en die kraletjies rond die rok perfek af om daardie "uitstaan-moment" te gee.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die styl pas by my persoonlikheid - sag en romanties. Rooi is die kleur van energe, moed en aandag - dit sê "Ek is hier, en ek's trots daarop". Die afskouer moue gee sagtheid vir ñ prinses-styl voorkoms. Die sagte glans vang lig perfek en herinner aan ou-Hollywood-glamour - Stylvol en vroulik

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit laat my droom. ñ Matriekafskeid is simbolies - dis die einde van een hoofstuk en die begin van ñ nuwe een, en my rok word deel van daardie verhaal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My rok was soos n droom wat waar geword het en my kêrel se reaksie toe hy my sien het my hart laat smelt. Barto wat opgetree het, het die aand extra spesiaal gemaak.

Planne vir na matriek

Nog nie seker nie, tyd sal leer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Melkskommel

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media