Zanje Bodenstein

Hoërskool Die Wilgers

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Liefde

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was opsoek na ‘n rok wat ‘n luukse en glansryke voorkoms skep. Iets modern, maar met’n klassieke tydlose bekoring. My rok moes die fokuspunt wees, sonder fieterjasies. My idee was dat ek die meesterstuk met grasie, gemak en styl oor ‘n paar jaar steeds kan aantrek sonder om te dink: “Zanje wat het jou besiel?” Ek is mal oor die glinstering in die rok wat die lig so speels weerkaats.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Van kleintyd af droom ek al oor my matriekafskeid- en troukrok. My plakboek met honderde prentjies in moes nou realiseer. Toe ek die blink, elegante nommertjie sien het ek dadelik geweet. Jy is myne! Die rok se snit komplimenteer my figuur sonder om oormatig ontblotend te wees. Die kleur is tydloos en komplimenteer my gelaatstrekke. Ek voel soos 'n godin in my skepping en sal haar met elke moontlike geleentheid weer aantrek met selfvertroue. Ek voel flambojant, statig en rooitapyt-mooi in my rok!

Datum van matriekafskeid?

2025-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media