Zani Pieterse
Paarl Gimnasium
Tuisdorp
Paarl , Wes-Kaap
Skool
Paarl Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok ontwerp deur n tannie in die Paarl ,Gisela, sy was baie oulik gewees en sy het vir ook ekstra idees gegee en haar mening ook gelig indien sy gevoel het dat iets nie sou werk of perfek lyk by my droomrok nie wat my baie gehelp het deur die proses .
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
n Matrikulant van 2024 , was my inspirasie. Haar matriekafskeidrok was eenvoudig ,maar die rok se kleur was uniek gewees wat haar laat uitstaan het van al die res. Sy het met selfvertroue rondgestap in haar unieke rok en ek het dadelik geweet dat ek my rok sò wou hê, eenvoudig maar steeds uniek . Ek wou n kleur gehad het wat uniek was en wat niemand anders sou hê nie , maar steeds elegant en uniek op sy eie manier. Dis toe dat my idees begin broei het .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my elegant. Die dieper boodskap agter my rok in my oë is , mens hoef nie altyd voluit te gaan , of die meeste te doen om steeds stylvol te lyk nie . My ma sê altyd , "Less is more" en ek het daardie woorde na my hart toe geneem . My rok beteken vir my styl , modern , eenvoudig maar steeds elegant . Ek voel soos n jong vrou elke keer as ek my rok aantrek en vir myself bekyk in die spieël . My rok beteken vir my soveel meer as net n kleur en n snit . Dit bring vir my selfvertroue .
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van my matriekafskied was verseker toe ek my rok vir die eerste keer aantrek en myself gesien het in die spieël. My oomblik . My visie wat ek gehad het vir sò lank , uiteindelik perfek aan my lyf , net soos wat ek dit wou hê. Vol styl en kleur . Ek het myself amper nie eers erken nie , dis n oomblik en gevoel wat niemand ooit kan beskryf nie . Die gevoel waar jou niggies en tannies almal gelyk jou help om perfek te lyk vir jou fotos en jou groot dag waarna jy al vir twaalf jaar lank uitsien .
Planne vir na matriek
Ek gaan Sielkunde studeer by Stellenbosch Universiteit en my droom daarna is om my eie praktyk te begin , maar dis n langtermyn droom wat ek hoop realiseer eendag .
Gunsteling woord in Afrikaans
Lojaliteit
Datum van matriekafskeid
2025-10-03