Zané Stuart

Pionier Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is n wye vloeiende balrok, met 'n korset -tipe toeryg bostuk. Die romp bestaan uit n paar onderrokke, met talle duifblou-grys, fyn net lae. Dit het ook perfek geplaasde geborduurde wit en lig vuil pienk kant blommetjies wat oor die bostuk verspreid was, en geleidelik by die romp af vloei. Dit was die mooiste rok wat ek in my lewe gesien het. Die kleur kombinasoe was besonders en sag

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Pionier Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af het ek altyd gedroom oor my matriekafskeid rok, ek wou soos die meisies in my sprokies boeke lyk, met n groot mooi prinses rok wat almal se koppe laat draai. Ek wou iets uniek, besonders vind maar ook iets wat by my kreatiewe hart sou pas. Die oomblik toe ek die rok aangepas het, by my laaste afspraak voor ek terug huistoe moes vlieg van Pretoria af, het dit soos 'meant to be' gevoel. Rk en hierdie rok was vir mekaar bestem. Die fyn geborduurde kant blommetjies en onderrok wat onder deur die donker blou net geskyn het, het my werklik soos aspoesterjie by die bal laat voel. Die klein meisie wat oor prinses rokke gedroom het was uiteindelik die feëprinses van haar eie sprokies verhaal.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief hoe die materiaal oor die onderrokke val en verskillende skakerings van blou maak, in kombinasie met die geborduurde blommetjies.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media