Zané Kotze

Hoërskool Duineveld

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Duineveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur die talentvolle Casper Bosman. Hy het 'n unieke ontwerp geskep wat perfek by my persoonlikheid en styl gepas het. Die kleur van die rok was opvallend en het my velkleur pragtig gekomplimenteer – dit was nie iets wat ek self sou gekies het nie, maar Casper het presies geweet wat sou werk. Die ontwerp was elegant en modern, met 'n klassieke gevoel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was 'n rok wat ek by Mia le Roux gesien het. Sy is nie net pragtig nie, maar ook 'n besonderse mens met 'n inspirerende storie. Haar storie het my diep geraak en ek wou iets dra wat daardie selfde gevoel van krag en vroulikheid uitstraal.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die korsetgedeelte was beslis my gunsteling. Dit het die rok 'n elegante en gesofistikeerde vorm gegee, en ek het gevoel dit beklemtoon my figuur op 'n stylvolle manier. Dit het die hele ontwerp afgerond en vir my daardie ekstra bietjie selfvertroue gegee.

Datum van matriekafskeid

2025-04-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media