Zané Campher

Hoërskool Bastion

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Hoërskool Bastion

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok was gemaak deur Glamourazz.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok dra wat elegant, stylvol en klassiek is. Iets wat gemaklik sou wees maar steeds asemrowend. My rok het al my boksies gemerk en meer!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok was n kans vir my om my matriekloopbaan in styl af te sluit.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om te sien hoe asemrowend al my vriendinne en vriende gelyk het. Elke rok en broekpak was die uitbeeld van hulle persoonlikhede gewees.

Planne vir na matriek

Ek beplan om n Mariene Bioligis te word en hou duim vas om my studies by Stellenbosch te voltooi. Terwyl ek wag gaan ek ondervinding opbou as koffiewinkel bestuurder. Dit is is altyd goed om te kan sê dat ek so bietjie werkservaring het.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasmagories

Datum van matriekafskeid

2025-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media