Zana von Flotow

Tsumeb Gimnasium, Tsumeb, Namibië

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok kan ‘n rok wees waaroor baie meisies droom. ‘n Pragtige vloerlengte A-lyn tule prinses balrok met frille in ‘n bosgroen kleur. Die deursigtige tule korset is versier met groen appliqué en pêrels wat in die romp invloei, voering, 'n natuurlike lang middellyf en ‘n effense trein wat vanaf die middellyf strek. V-vormige oop rug met ritssluiter.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Tsumeb Gimnasium Privaatskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek droom al van kleins af groot oor my matriekafskeids rok. Van ‘n baie jong ouerdom af al foto’s begin bemekaar maak. En soos my skooljare verby gegaan het, het dié ontwerp meer en meer begin vorm aanneem in my kop. Die idee was nog altyd om ontwerpe te kombineer... iets te skep wat my eie menswees uitstraal en my laat voel soos koninklike prinses! Ek wou graag ‘n rok met 'n kleur hê waarin niemand my sou verwag nie. Bosgroen is vir my ‘n elegante kleur en my liefde vir die buitelewe en die natuur het beslis ook bygedra tot my keuse. Dié hele kombinasie het my hartjie baie gelukkig gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek kan eenvoudig nie ‘n spesifieke deel kies nie. Elke deel van hierdie rok het my op my Matriekafskeidsdag 'n vreugdevolle spesiale gevoel van absolute dankbaarheid en tevredenheid laat ervaar, iets wat ek nog nooit gevoel het met enige ander rok wat ek al ooit gedra het nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media