Zadaliah Coleridge

Eunice Hoerskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Eteries, droomagtig, is wat ek in gedagte gehad het en in die bekwame en betowerende hande van Stanley Baptiste is dit bewaardheid. Ek wou sag gehad het en daarom het ek in kruisement groen ( mint green ) besluit. Die rok is van die skouer af met 'n bustier lyfie bal rok snit, met 'n tulle romp wat uit verskeidende lae bestaan. 'n Kombinasie van material met krale, satyn, 3 dimensionele kant, perels and kristalle gee die wondelike tekstuur aan die bo-lyfie/bustier. Die rok moes 'n storie van my persoonlikheid vertel en dit het in alle opsigte.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice Hoerskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Princess Tiana van die fliek "the Princess and the Frog" met 'n titsel van Zadaliah. Bosfeetjie betwowerend, dis hoe ek op my matriekafskeid wou voel. Alle meisies droom van die dag wat sy soos 'n prinses of feetjie in 'n paadjie gaan afstap. Met woud bekoring, eteries, droomagtige feetjie het my droom waar geword. Ek wou steeds soos daardie dogtertjie gevoel het in my eie Disney fliek. Die goeie fee het my in 'n paar uur getransformeer en meegevoer na feetjieland.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Absoluut alles, maar ek moet ook net by se die feit dat ek my rok drie verskillende maniere kan dra met die losmaakbare moue. Ek kan dit heeltemal mouloos dra, of met die pragtige poffer moue , maar ek het die 3 dimensionele moue vir my ongevergeetlike aand gekies en gedra.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media