Yolandré Eloff

Hoërskool Schoonspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

"Matriekafskeid", hierdie woord het vlinders in my maag gekweek al vanaf graad agt. Dit was 'n droom waarvoor ek nie kon wag om waar te word nie! Tien teen een, soos enige ander meisie, het ek foto's bymekaar gemaak op Pinterest oor hoe my asemrownde matriekafskeidrok gaan lyk. My ma het geterg en gesê dit lyk of ek eerder my troue beplan! Ek is deur 'n magdom ontwerpe, en elke jaar het dit verander, maar die een ding wat konstant gebly het, was dat ek 'n rok wou hê wat bedek is met blomme. My droom het uiteindelik waar geword vier maande voor die matriekafskeid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Schoonspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het berge en dale versit om die perfekte rok vir my matriekafskeid te kry! Omdat ek 'n vasgestelde idee gehad het vir my rok, was dit vir my moeilik gewees om tevrede te wees met 'n rok wat naastenby lyk soos die rok in my gedagtes. Ek was by drie ontwerpers gewees waar ek rokke aangepas het, maar nie een van die rokke het my laat snak na my asem nie. Ek was op die ou end net moedeloos gewees! My ma het naderhand die voorstel gemaak dat ons deur materiaalwinkels moet loop om te kyk of ons nie 'n beter idee kan kry van die rok wat ek graag wil hê nie. Wat 'n wonderlike idee was dit nie! Ek het uiteindelik op die materiaal afgekom waarvan ek my rok wou maak. Tevergeefs, was die prys van hierdie materiaal uit ons begroting! Oriental Plaza was die volgende opsie. Ons het met my sussie se matriekafskeid soontoe gegaan en daar was ook mooi rokke gewees. Ons het toe een naweek deurgery na familie toe omdat hulle daar naby bly. Voordat ons Oriental Plaza toe was, wou my tannie eers na Metro Lifestyle, Northgate, toe gaan om te kyk watter materiaal daar is. Terwyl ek deur die winkel gestap het het ek op die perfekte materiaal afgekom. Met 'n hart wat uit my borskas uit bons het ek gebid dat die materiaal nie so duur sal wees nie. Soos wat ek na die prys kyk, sien ek dat die materiaal 50% afgemerk is. Dit was 'n wonderwerk! Ons het dadelik genoeg lap gekoop om vir my 'n rok te maak. My ma het vir my 'n afspraak by Tasha's design in Klerksdorp gemaak en ek het al my inspirerende foto's vir haar gewys oor hoe my rok moet lyk. Sy het die opdrag verstaan en dadelik aan die werk gespring om my droomrok reg te kry vir die matriekafskeid. Ek wou graag 'n "sweatheart" neklyn met 'n A-lyn vorm rok gehad het. Die rok moes oortrek wees met blomme, waarvan verskillende kleure mekaar akkomodeer. Ek wou ook graag silwer hakskoene by die rok aantrek met silwer juwele wat die rok akkomodeer. Ek het my skoene en juwele na 'n intense soektog op Shein bestel. My grimmering en hare was deur 'n haarkapper, Zané Senekal, in Klerksdorp gedoen, en my naels was deur my ma se niggie, PolishNails deur Riandra, vir my gedoen. Ons het besluit op ligte grimmering en naels omdat ek nie juis iemand is wat daarvoor lief is om uitspattig te wees nie. Alles het met die dag van matriekafskeid mooi bymekaar gekom, en ek kon nie vir 'n beter dag of rok vra nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok was die gedetaileerde blomme wat vanaf die boonste gedeelte van my rok uitgefaseer het na die onderste gedeelte van my rok toe. Ek het ook baie van die snit by my been gehou en hoe die rok beweeg het as ek geloop het. Die fyn kant wat ook gebruik was om my rug toe te te maak was vir my net so elegant gewees. Ek het vroulik, vrolik en mooi gevoel. Alles van die rok was eintlik net perfek!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media