Xia Potgieter
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het al in Graad 8 begin toe ek vir my wyle pa ’n pienk rok gewys het tydens ’n hospitaalbesoek. Hy het gesê: "Ons sal dit oor ’n paar jaar bespreek." Daardie tyd het nooit gekom nie, maar my visie vir ’n pienk rok was sedert 2022 vasgelê—so die kleur was ’n non-negotiable eerbetoon aan hom, sodat hy my maklik uit die Hemele kon herken.
As iemand wat gans en al OBSESSED is met Wicked, moes ek net daardie iconic Galinda-energy inbring! Galinda verteenwoordig vir my soveel meer as net 'n pragtige pienk balrok—sy is selfversekerd, dramaties, uniek en heeltemal onbeskaamd hulleself. Net soos Galinda wat leer wat dit werklik vat om haar eie pad te stap en te skyn, wou ek 'n rok skep wat daardie selfde grand, whimsical energy uitstraal. Ek het haar ekstra silhoeët gemix met Prinses Aurora van Sleeping Beauty om my eie droom rok te skep.
