Xanthé De Sa

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die helder lilac metalic kleur rok is iets wat die oog dadelik vang. Dit is ń twee stuk rok met oordrewe moue wat groot en deels die sentrale fokus vorm. Verskeie lengtes glitter tulle valle is gebruik by my romp gedeelte om die rok volume te gee en twee ekstra pers lamé materiaal is bygevoeg aan die bokant van die romp wat die illusie skep van n kort maar tog lang romp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok wou ek in 'anders' voel en my spontane persoonlikheid daaruit laat pronk . My rok se ontwerp is beslis iets uit die boonste rakke, van die oordrewe moue tot die bo- en onderstuk wat altesaam die pragtigste samehangende prentjie vorm. Die cream bootse wat ek saam die rok gedra het, het my rok perfek gekomplimenteer wat dadelik ń popstêr beeld skep en het weereens die totale eind produk van my rok laat 'anders' voorkom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke liewe deel van my rok is beslis my gunstelling! Tot die kleinste detail het die rok geskep tot die grypende eind produk!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media