Wilmie Kasselman
Hoërskool Monument
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Lekker
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het na baie verskillende style op Instagram gekyk en was verlief op die styl. Tannie Natasha het, gebasseer op my voorbeeld, my rok geskets en materiaal gekry wat die styl kon komplimenteer.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek, soos ek glo meeste meisies, droom al lankal oor my matriekafskeid en spesifiek die rok. Al die detail is fyn beplan. Mense wat my goed ken sal weet rooi is my gunsteling kleur. As kleuter het ek 'n rooi beertjie kussing gehad wat ek oral rond gedra het en so het ek vele meer rooi oomblikke en uitrustings gehad wat deur my skoolloopbaan uitgestaan het.
Ek wou my rooi kinder oomblikke met 'n klassieke, stylvolle nommer afsluit.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02