Wilmie Kasselman

Hoërskool Monument

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Hoërskool Monument

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Natasha Gouws van VNG Designs

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het na baie verskillende style op Instagram gekyk en was verlief op die styl. Tannie Natasha het, gebasseer op my voorbeeld, my rok geskets en materiaal gekry wat die styl kon komplimenteer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek, soos ek glo meeste meisies, droom al lankal oor my matriekafskeid en spesifiek die rok. Al die detail is fyn beplan. Mense wat my goed ken sal weet rooi is my gunsteling kleur. As kleuter het ek 'n rooi beertjie kussing gehad wat ek oral rond gedra het en so het ek vele meer rooi oomblikke en uitrustings gehad wat deur my skoolloopbaan uitgestaan het. Ek wou my rooi kinder oomblikke met 'n klassieke, stylvolle nommer afsluit.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag was onvergeetlik. Die dag het al 8am met grimering begin, daarna vinnig my hare en toe begin die foto sessies. Ons het by twee verskillende venues geneem om hierdie dag behoorlik vas te lê. Die uitstap op die rooi tapyt voor familie en vriende was my hoogtepunt.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar fotografie studeer by Potch academy. Dit is seker duidelik dat ek van foto's hou aangesien ek self twee foto sessies op die dag van my matriekafskeid gehad het. Ek het ook die voorreg gehad om baie ander matriekleerlinge se matriekafskeid te kom afneem.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media