Wilmarie Nolte

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

‘n Mens droom al van kleins af oor jou perfekte matriekafskeid rok, maar wanneer mens eers begin soek, is dit ‘n behoorlike uitdaging! My soektog het begin by ‘n blou of ‘n groen rok, met ‘n gewone, eenvoudige V-nek halslyn… Maar onbewustelik was my hart eintlik nog altyd by ‘n swart, elegante rok. Ek het nooit eers gedink aan ‘n korset bokant nie, maar toe ek een middag by Claris van Gerrit Pienaar instap en hierdie rok sien met sy pragtige patrone en tekstuur, moue wat mens se skouers blootstel, en perfekte A-vorm onderkant, het ek geweet dié is die een vir my.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit is eintlik so ironies dat ek ‘n swart rok gekies het, aangesien my persoonlikheid straal van borrelende kleure, maar die belangrikste van ‘n meisie se matriekafskeid rok is dat sy gemaklik en beeldskoon daarin voel. Toe ek die rok vir die eerste keer aanpas, het my selfvertroue en groot glimlag onmiddellik my helder kleure uitgestraal, ten spyte daarvan dat dit ‘n swart rok is. Die swart kleur het ook mooi gepas by my blas vel en donker hare.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hoe gemaklik dit gesit het! Ek kon die hele aand myself gate uit geniet, heerlik dans en net myself wees. Oe, en die unieke moue wat aan die kant van my arms verbygaan, was ook ‘n hoogtepunt van my rok, omdat dit my skouers beklemtoon het. Nooit het ek gedink dat ek ‘n korset-rok sal dra nie, maar nooit het ek só mooi en gemaklik in ‘n rok gevoel nie!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media