Wilmari du Preez

Hardekool Akademie vir CVO

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is in die kleur "Midnight Blue" en van rayon materiaal gemaak en is gekoop by Trés Jolie. Die rok is prakties, aangesien dit 'n tweestuk is wat altyd saam ander kledingstukke aangetrek kan word. Die top is lig en koel, sodat my gesig en hare nie wegraak in die rok nie. Die onderste gedeelte is swaar en vol, wat 'n elegante, vloeide effek gee as jy loop. Alhoewel dit noupassend vertoon is daar genoeg spasie dat jy maklik in die rok kan beweeg. Ek is ook woonagtig in Ellisras, 'n plek wat met ogiesdraad geskei word van die hel (dit is baie warm hier), daarom is die rok ideaal vir ons temperature.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hardekool Akademie vir CVO

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die oomblik wat ek die rok aangetrek het, het ek gevoel dat die rok my voorkoms vlei. My oorspronklike idee van my matriekafskydrok was 'n eenstuk met 'n groot romp. Regdeur my konsultasie het ek rokke aangepas wat by daardie beskrywing pas, maar die oomblik wat ek hierdie noupassende tweestuk aangetrek het, het dit gevoel asof ek die rok dra en nie asof die rok my dra nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok se agterkant is by verre my gunsteling deel van my rok. My een voorwaarde vir my matriekafskeidrok was, dat ek 'n mooi agterkant moet hê en hierdie rok het my verwagtinge oortref.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media