Wilmari de Vos

Hoërskool Trio

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was nog altyd ń groot aanhanger vir iets doodgewoon en elegant. Die rok het baie min maar genoeg detail op die bostuk, wat dit prefek maak vir "nie te besig nie". As iemand na my moet kyk ,moet hulle oë nie wonder waar om te kyk nie maar dadelik die opmerking"WOW!" Die rok gee lewe vir my. Dit bring my persoonlikheid mooi na vore en dit wys dat ek gemaklik is in my rok en my doodgewone self kan wees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Trio

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek en my ma het dae lank beplan aan die ontwerp. Aand gehuil omdat die perfekte rok nooit betyds gaan klaar wees nie. Ek wou nog altyd ń oop rug gehad het. Ek dink my ma het maar improviseer op my voor en afkeure. My ma het haar naald en garing gevat en my droom rok stukkie vir stukkie aanmekaar vasgewerk, en sy kon my dadelik sien sien glimlag, die eerste keer toe ek dit aanpas. Gemaklik, pragtig, spontaan, elegant, Wilmari

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die oop rug. Die oop rug simboliseer dat ongeag jou foute en onsekerheid, jy steeds as n pragtige beeld na vore kom net soos Pappa God jou gemaak het. Die datail op die bostuk. Elke hand vasgewerkte blommetjie, perfek. Die kleur van my rok. Die blou pas perfek by my oë en blonde hare. Die kleur val presies in bymekaar en komplimenteer my sagte velkleur. Jou rok moet jou laat gemaklik voel en jy moet een raak daarmee. Ek kan sommer gaan hardloop in myne, wat van jou?

Datum van matriekafskeid?

2023-08-08

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media