Wianke Cloete
Hoërskool Ermelo
Tuisdorp
ERMELO
Skool
Hoërskool Ermelo
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Carike Nel het vir my die rok ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het iets soortgelyk gesien en ek was net dadelik verlief op die idee van die rok! Ek het my pa ook makliker oortuig deurdat die rok uit drie dele bestaan en ek dit na die matriekafskeid, apart baie weer sal kan dra.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek het een honderd persent myself in die rok gevoel! Stylvol, elegant maar tog gemaklik!
Ek kon dit heeldag en nag dra en nie vir n oomblik ongemaklik voel nie. Inteendeel, die matriekafskeid het heeltemal te vinnig verby gegaan.
ALMAL se eerste reaksie was, “Wianke, dis sooo jy!” En dis wat ek wou gehad het!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die opbou na die matriekafskeid was die lekkerste. Die regmaak! Die senuwees vir die foto’s en toe die PRET met die neem van die foto’s! Die wees een FANTASTIESE dag!!
Planne vir na matriek
Ek wil graag Bedryfsingenieurswese gaan studeer. So dis nou vir, BOEKE OOP! LEER JOU LES!! OeLaLaLa!!!
Gunsteling woord in Afrikaans
ASEMROWEND
Datum van matriekafskeid
2025-10-02