Vivicia Freemantle

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ontwerp deur die talentvolle Lee-Ann Isherwood. Die rok bestaan uit helder oranje sequins materiaal en die linkerkant is bedek met oranje valle. Die rok is ontwerp met 'n asimmetriese bokant, en 'n hoë nek kraag, sowel as 'n hoë slit en 'n oop rug. Die dele wat blootgestel is, is bedek met deursigtige kant, en 1 arm bestaan uit 'n lang sequin mou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leeuwenhof Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was gegrond om die idee dat ek glad nie my introverte persoonlikheid wou weerspieël deur my rok nie, en dus het ek hierdie' showstopper van 'n rok gekies. Ek wou graag iets doen wat nooit van tevore gesien is nie, en werklik ander se asems sou wegslaan. Ek het besluit op helder oranje as my rok se kleur, wat bygedra het tot die uniekheid van my rok, sowel as my persoonlikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die feit dat my rok helder oranje is, sowel as die oranje valle wat my rok uiters uniek gemaak het. My rok was definitief die hoogtepunt van die' onvergeetlike aand.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media