Venique Van Heerden

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het denim blou materiaal gekies om my ligte vel en hare te komplimenteer. Die korset en afskouer moue het 'n sagte effek aan my bo lyf gegee met 'n treffende, vloeiende, sprokiesagtige sjiffon sleep wat mense twee keer laat kyk het. Die sleep kan verwyder word om die rok 'n ander visuele dimensie te gee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos meeste klein dogtertjies wens ons almal ons kan 'n feeprinses wees. Van klein tyd af het die storie van Cinderella in my agterkop bly vas steek en was dit my droom om 'n rok soos Cinderella s'n eendag te kan dra. Met Shené Vyver se hulp kon ek daardie droom 'n werklikheid maak. Ek kon myself in my eie feeverhaal uitleef met my prins wat my met 'n lang deftige kar kom haal, die blou kleur van my rok, dieselfde as Cinderella se rok, en die lae en lae materiaal wat sag om my geval het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die sleep. Ek het die rooi tapyt betree en almal het twee keer gekyk toe ek verby hulle gestap het. Die sleep het die rok daardie sprokie effek gegee wat soos diamantjies onder die ligte geskitter het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media