Veneshka Stofberg

Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die idee was om ń elegante mermaid-styl rok te skep wat my kurwes mooi aksentueer. Die rok is ontwerp met ń deursigtige kristalkant met krale borduurwerk. Aan die onderkant was organza gebruik om ń vloeiende effek te skep met ń slit. Die moue is met dieselfde kristalkant gemaak om n stylvolle effek te skep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was om ń stylvolle en unieke rok te ontwerp wat my karakter as ń persoon uitbeeld. Soos die lig op die kristalle van my rok val weerspieël dit my sprankelende persoonlikheid. Dit was nog altyd ń droom van my om ń rok te dra wat perfek gemaak is vir my lyf asook om uit te staan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vanaf die korset met kristalle tot die vloeiende organza is daar nie ń deel wat ek kan uitsonder nie want dit is gemaak dat alles pas. Sonder ń deel sou dit nie moontlik wees vir die rok om my te komplimenteer soos wat dit moet nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media