Ulrike Oosthuizen

Paarl Girls’ High

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur die talentvolle Charlotte Pretorius, en sy beskryf dit as volg: "Die rok het alles om asems weg te slaan. Helder oranje, met 'n verskeidenheid krale en kristalle, afgerond met oranje volstruisvere." Sy het werklik my mooiste drome 'n realiteit gemaak en die rok in my gedagtes tot lewe gebring. Ek is 'n ekstrovert wat verlief is op die lewe en ek dink oranje is so 'n warm en eksentrieke kleur wat my persoonlikheid so goed uitbeeld en komplimenteer. Die rok is werklik 'n verlengstuk van my persoonlikheid. Beslis nie eenvoudig nie, maar iets buitengewoon en besonders.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Girls’ High

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit is jaarliks vir my 'n hoogtepunt om na die MET gala se rokke te kyk en ek was dadelik aangetrokke tot die oranje rok wat Kendall Jenner gedra het. Kendall se selfvertroue en elegansie in daardie rok het 'n blywende indruk op my gemaak. Ek droom nog altyd om 'n "red-carpet-worthy" rok te dra. Ek wou "all out" gaan - stylvol, tydloos en elegant om my hoërskool loopbaan op 'n absolute hoogtepunt af te sluit. Die kleur oranje inspireer my ook nog altyd om kreatief, vriendelik, selfversekerd en optimisties te wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

As ek iets moet uitsonder sal dit beslis die pragtige vere aan die onderkant van die rok wees wat 'n tikkie glans bygevoeg het wat ek nie kon weerstaan nie. Die beweging wat dit aan die rok verleen verseker dat die rok nie staties vertoon nie, maar betowerend is. Dit het gevoel soos 'n perfekte pasmaat, 'n weerspieeëling van my liefde vir alles wat lewendig en kenmerkend is, wat my matriekafskeid werklik onvergeetlik gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media