Ulindi de Vos

Hoërskool Secunda

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In my rok het ek werklik soos ñ prinses gevoel. ñ Sjampanje goue rok met ñ ryk geborduurde toppie en ñ sagte vol romp wat soos sterretjies blink in die sonlig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Secunda

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Agter my rok was daar werklik geen inspirasie nie. Ek en my ma het maande terug begin beplan aan my droom matriekafskeidrok en al in Maart die perfekte lap gekry. Soos tyd verloop het, het ek besef dat die rok en die prentjie wat ek vir my matriekafskeid het nie ooreenstem met mekaar nie. Ek was verskriklik hartseer en het my vriendin later met ñ blink plan gekom. Sy en haar ma het ons twee dae voor die matriekafskeid gevat om rokke te gaan aanpas hier in Secunda. Min het ek geweet dat ek my droom rok in ons dorp gaan kry. Ek het die rok aangepas en dadelik geweet dat dit my rok is. Ons het nie eers nodig gehad om enige groot verstellings te doen nie, die rok het my perfek gepas! Dit was vir my nogal vreemd want ek is nie die grootste of die langste mens nie. Tannie Lisa het met haar pragtige rok my matriekafskeid gered. Na baie dae se spanning was my matriekafskeid ñ dag wat ek nooit sal vergeet nie. Luan lottering was my metgesel en het ons die aand baie geniet! Hy was die beste “date” ooit en het ons lekker saam gesokkie. Dit was ñ aand wat ek nooit sal vergeet nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Absoluut alles! Dit was ñ ongelooflike spesiale rok waarin ek gemaklik en mooi gevoel het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media