Tineal van den Berg
Hoerskool DR EG Jansen
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Vervlaks
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het juis rooi gekies omdat ek elegansie en vuur wou kombineer. Hierdie rok het my klassiek, romanties en n tukkie sensueel laat voel. Dit weerspieel my persoonlikheid wat speels dog vurig kan wees. N Rok wat gemaak is om koppe te laat draai en die kollig te steel. Die rok het n romantiese en dramatiese estetika wat gemaak is van lae fyn tule en kant. Die blomme en blare is met moeite uitgesoek en een vir een bedraad en gestik. Die lyfie is styfpassend met ingewikkelde detail om my figuur te beklemtoon. Die 3D kant blomme en blare verleen n diepte en voeg n gevoel van luuksheid by en die blare het gelyk of hul lewe teen my neklyn. Die diep V vorm van my neklyn met die illusie paneel bring my beskeidenheid na vore en die elegante middellyf skep n vleiende uurglas silhoeet. Die hoe split in die a-lyn tule en kant romp vereen n tikkie aanloklikheid en moderne glans met n bypassende broekie. Die spleet balanseer die romantiese top met n sweempie vrymoedigheid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Rooi word dikwels geassosieer met passie, selfvertroue en energie. Ek het romanties dog dapper en selfversekerd gevoel en was nie bang is om in 'n skare uit te staan nie. Elegansie en gesofistikeerdheid was vir my baie belangrik maar ek wou ook my lewendige en dinamiese persoonlikheid weerspieël. Ek het soos n sprokies prinses gevoel met n moderne twist. My juwele en pragtige skoene het my droom rok gekomplimenteer en my dag vervolmaak.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03