Tiné van Heerden

Hoërskool Waterkloof

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Waterkloof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Annette Car het my matriekafskeidrok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Dit was my droom matriekafskeidrok al vandat ek kan onthou! Ek het hierdie rok op Pinterest vir die eerste keer gesien en dadelik verlief geraak op hom en net so het ek geweet dit is MY matriekafskeidrok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok beteken vir my meer as net materiaal en glans, dit is die resultaat van ure se toewyding en liefde. Hierdie rok het my droom vir matriek tot lewe gebring, en dit dra ’n deel van wie ek is. Ek vind soveel van myself in hierdie rok, die sagtheid, die glinsterende detail en die opregte geluk wat hierdie rok vir my gee.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek in my rok uit die kar uit geklim het en besef het: hierdie is my oomblik — die einde van een reis en die begin van ’n nuwe een. Dit was vir my so kosbaar want ek kon dit doen saam my kêrel, van 4 jaar.

Planne vir na matriek

Ek gaan by Akademia Bcom(Ondernemingsbestuur) gaan swot en ek wil baie graag my eie besigheid eendag oop maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Woefkardoes

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media