Timieke van Rooyen

Afrikaans Hoër Meisies Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok moes by bolyf en middel beklemtoon, ondersteunend wees om die bors en ek wou net ‘n klein bietjie been wys.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir meer as ‘n jaar het ek Pinterest en sosiale media dopgehou vir inspirasie. Tossels is tans ‘n groot mode tendens, of dit nou in Boho klere of dekor deurkom. My idee was om ‘n rok met tossels te dra, maar om goeie kwaliteit tossels te kry vir ‘n aandrok was moeilik. Alhoewel ek heelwat kleure oorweeg het vir my rok, het die krale tossel op die ou end die kleur van rok bepaal. Maar ek kla nie! Die blou-groen teal kleur was perfek vir my gelaatstrekke en natuurlike haarkleur!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rug!! Ek is mal oor die kurwe wat die tossels om die rug maak, en die tossels het al skitterend heelaand saam gedans!!!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media