Tiané Swanepoel

Hoërskool Lichtenburg

Ouderdom

18

Tuisdorp

Lichtenburg

Skool

Hoërskool Lichtenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my matriekafskeidrok by Smart Guy Smart Bride in Potchefstroom gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou soos enige ander meisie op haar matriekafskeid soos n prinsess gevoel het in my rok. Princess Marinda op Disney was ook n groot insperasie agter my rok, want nes sy het ek ook rooi hare en groen pas beslis die beste op my, daarom was die kleur van my hare die inspirasie agter die kleur van my rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het vir my n aand in n sprokiesverhaal waar gemaak. Ek het soos n ware prinsess gevoel. My rok was elegant, hy het my figuur gekomplimenteer en tog was hy stylvol op sy eie manier sonder te veel bling.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek maande se beplanning kon saam sit, die eindproduk kon ervaar en sien dat dit al die moeite en beplanning werd was. Nog n hoogtepunt van daardie aand vir my was toe ons as n Graad 12 groep vir die laaste keer saam kon kuier en onsself geniet voor die Finale Eksamen.

Planne vir na matriek

Ek wil graag arbeidsterrapie studeer by die Universiteit van Pretoria.

Gunsteling woord in Afrikaans

Poenankies wat “oulik” beteken

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media