Thinè van Rooyen

Hoërskool Brits

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Om my Matriekafskeid rok in slegs drie foto’s op te som was baie moeilik aangesien hierdie 'n ''2 in 1'' rok was. Op 3 April 2023, het ek en my ma 'n draai in Potchefstroom gaan maak vir my eerste afspraak vir my matriekafskeidrok by tannie Shani van SeSJe’s (Authentic & Exclusive Design). Tannie Shani het al my idees, wat ek oor ‘n paar jaar by mekaar gemaak het vir die perfekte matriekafskeidrok binne minute vir my op papier vasgelê. Dit was slegs 2 afsprake later en ek het my rok gekry! Tannie Shani het alles in haar vermoë gedoen om hierdie rok, die rok van my drome te maak. Sy het gesorg dat my rok eenhonderd persent my persoonlikheid uitstraal. Ek was nog altyd een wat van Sprokiesverhale gehou het. 27 September 2023 het ek soos die hoofrol in my eie sprokiesverhaal gevoel en dit was vir seker te danke aan my rok!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Brits

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Kate Hudson (Andie Anderson) van die fliek “How to lose a guy in 10 days” se geel rok heel aan die einde, was my insperasie. My pa glo dat hoe minder valle jy op jou rok dra, hoe maerder sal jy lyk, maar my ma het weer gesê dat 'n meisie slegs twee kanse kry om 'n wye rok te dra en dit is met haar Matriekafskeid en met haar Troudag. Ek kon glad nie besluit of ek 'n “Mermaid” rok of 'n “Ballroom” rok wou gehad het nie. Tannie Shani het met die idee opgekom dat die valle van my rok kan afhaal, sodat ek "best of both worlds" kan kry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van hierdie rok is my korset! Dit het net soos Aspoestertjie se glas skoen aan my lyf gesit en natuurlik die feit dat my rok 2 “looks” het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media