Tayla Smith

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok het 'n "Dutchess satin corset" bostuk wat met hand en masjien geborduur is om die 3D blommetjie-effek te gee. Die romp is 'n 5 laag vol sirkel sagte net van verskillende skakerings geel. Elke blommetjie en borduursel is spesifiek uitgekies.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Randburg (Ja)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

"Van kleins af is geel my gunsteling kleur. My vriende sê ek is soos 'n sonstraal in hul lewens, dus het die geel ook by hierdie idee gepas. Ek wou ook graag soos 'n prinses voel by my matriekafskeid. In Disney se "Beauty and the Beast" was Belle se rok 'n inspirasie vir my. Die blomme op die bostuk het gevoel asof ek met lenteblomme gegooi word, soos konfetti, en die blomme is vasgemaak aan my bostuk."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die kies van elke borduursel en die handgemaakte blommetjies en blaartjies. Die rok is uniek en ek het regtig soos 'n prinses gevoel met die "ballroom effek" wat die rok het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media