Taryn Wissing

Hoerskool Oos-Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Kyk na die rok, ek bedoel, is daar n verduideliking nodig? Ek dink nie so nie, maar om die meesterstuk te eer kan ek n bietjie agtergrond gee. Al wat ek geweet het toe ek by Mimie Bridal Atelier instap is dat ek iets besonders wil he, swart sodat ek haar weer kan dra en bo die enkels sodat ek lekker kan dans en my aand geniet sonder om op haar te trap. Die uitkoms? n Haute-Couture, swart, enkel lengte glam inspirasie met n bietjie glinstering in die "mix" gegooi

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Eerlikwaar, ek het soveel idees gehad, maar stylvol en klassiek was bo aan die lys. Geen spesifieke inspirasie het vorendag gekom nie, maar na n paar sessies by Mimie Bridal het ons saam besluit op die unieke ontwerp, iets wat perfek by my liggaam ook gepas het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Verseker die mou details, en die agterkant, dit maak die hele rok net so elegant vertoon en is so uniek. Ek het soos n film ster gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media