Tarien Labuschagne

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het al van graad 8 af besluit ek wil nie n lang rok hê nie. Kort is koeler en dit dans baie makliker.Ek wou gemaklik wees op die aand en ek wou nie gehad het dat my rok vuil getrap moes word nie. Ek het geweet dat ek 'n tydlose, stylvolle rok wou gehad het. Ek het op Pinterest geblaai opsoek na 'n rok wat uitstaan. Ek het op 'n foto van Demi _ Leigh Tebow se mejuffrou heelal rok afgekom afgekom wat my net laat weet het dat ek iets soortgelyk moet doen. Haar rok was grotendeels die inspirasie agter die gedagte dat ek 'n neutrale kleur rok met blink details wou gehad het. Ek het fraaings gesien op 'n ballroom dans video en het gedink die fraaings se beweging is pragtig. Ek wou graag diè twee gedagtes kombineer en so het my idee van my droom matriekafskeid rok die lig gesien.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My familie beskryf my gereeld as vol vreugde en ek vermaak hulle gereeld my my sin vir humor. Ek wou gehad het dat my rok my persoonlikheid moet uitbeeld en sò het ek besluit op 'n ontwerp wat my letterlik net so laat skitter soos wat my humorsin doen. Ek wou gehad het my rok moes chic, modern en "funky" wees en ek kan met selfvertroue sê dat die rok presies dit uitgebeeld het in die manier wat ek dit wou gehad het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat my ma 8 maande gewerk het aan 'n groot gedeelte van die rok is definitief die gunsteling deel van die rok, omdat dit my matriekafskeid soveel meer sentimenteel gemaak het. Sy het al die krale en fraaings self aangewerk en het my gehelp om 'n rangskikking van al die krale uit te lê na menigte probeerslae . 'n Tweede gunsteling deel van my rok is dat dit bewys dat jy nie 'n plaas se geld hoef te spandeer op 'n rok om die matriekafskeid rok van jou drome te hê nie, aangesien al die krale van China mall af kom en die basis van die rok van Ali express af gekoop is en ek was steeds dolgelukkig met my rok, sonder dat 'n groot ontwerpers naam daarop is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media