Tanja Dercksen

Potchefstroom Gimnasium

Tuisdorp

Christiana

Skool

Potchefstroom Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ma het my rok gemaak. Ons het van die een materiaalwinkel na die ander gery om die perfekte materiaal te soek: helder helder rooi, maar dit mag glad nie blink nie. Uiteindelik, radeloos het my ma die oplossing gevind: helderrooi sweetpak materiaal! Dit was 'n spesiale proses en my ma het my rok verander en verstel totdat ek 100 % tevrede was. Wat 'n voorreg.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter hierdie rok lê in die idee dat ware elegansie nie skree nie, dit fluister. Die ontwerp pas presies by my, 'n 'plain Jane' sonder fieterjasies. Dit is 'n rok wat stilweg 'n wow-effek skep, nie deur glans of versiering nie, maar deur kleur en klassieke tydlose styl.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my meer as net mode, dit dra my hart in sy nate. Omdat my ma my rok gemaak het, is dit deurweef met liefde, geduld en ons spesiale band. Ek het so myself en tuis gevoel in my rok, dit was 'n presiese weerspiëling van my: eenvoudig, sag, gemaklik en hopelik onvergeetlik.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Wat 'n voorreg om te kon mooi aantrek en vir oulaas 'n spesiale aand te geniet saam met al my skoolmaats. Ons vriende het saam foto's geneem, baie gelag en natuurlik die 'after party' baie geniet.

Planne vir na matriek

Ek wil baie graag nog reis en die wêreld sien, maar vir eers beplan ek om volgende jaar onderwys te begin studeer by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus.

Gunsteling woord in Afrikaans

Watsenaam

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media