Tané Roos

Hoërskool Pietersburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het baie rokke aangepas, maar die rok het dadelik my aandag getrek toe ek hom op die hanger sien. Die materiaal en kleur van die rok het my hart gesteel, ek kon nie wag om hom aan te pas nie. Ek het soos n prinses gevoel die oomblik toe ek die rok aan het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Pietersburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was oop kop oor enige kleur en styl om te sien wat my lyf en persoonlikehied pas, na al die verskillende kleure en snitte was die rok net iets heeltemal anders. Die rok se aardse room kleur met die borduurwerk en patrone is iets wat ek weer en weer sal kies. Ek is steeds mal oor my rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

As ek iets moet uitsonder is dit 'n moeilike besluit. Ek is mal oor die kleur die styl die lap en die diamant detail op my rok. Maar een ding is verseker, my rok was so ongelooflik gemaklik dit het vir my mooi by myself gepas. Ek het in my hart gevoel en geweet die rok is wie ek is. Die rok is 'n afdruk van my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media