Tammylee Ferreira

Hoërskool Pietersburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp en gemaak deur die talentvolle Chantelle vd Merwe van Le Chante Haute Couture en met passie is ELKE steek, soom en afronding met liefde in ń meesterstuk omskep. Ek glo daar is niks mooier as iemand met selfvertroue nie en my rok se ellegansie het dit uitgestraal en dit het styl uitgebeeld om te sê wie ek is sonder om ń woord te sê. As ń model met meer as 10 jaar se ondervinding in die modelwêreld was die groot vraag op almal se lippe, hoe sal my matriekafskeidrok lyk ? Maar ek het geweet dat hierdie rok nie net ń ontwerper rok is wat ek gaan dra op ń loopplank of tydens ń kompetisie nie, hierdie is ń jong dogtertjie se droom wat ń werklikheid word. Chantelle se EEN vername woord wat my rok beskryf, is BOUJEE. “Die rok is perfeksie van tip to toe. Dit is n kombinasie van styl met drama en alles aan die rok straal beslis LUUKSHEID en ELLEGANSIE !” Van my rok se unieke goue kleur, die dramatiese ‘skirt’ wat afhaalbaar is om die noupassende ‘pleated’ rok onder te wys, selfs my glinster silver Steve Madden hakke wat so perfek gepas het… tot die kleinste diamant detail op die korset en unieke ‘sleeves’. Alles het gepas soos n handskoen.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Pietersburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Manjefiek, betowerend en uniekheid was die inspirasie en die beginpunt van my droom matriekafskeidrok. Dit alles het begin by ń Pinterest prentjie wat ek as jong dame raakgesien het en elke dag gedroom het oor my droomrok. Met my heel eerste passing by my ontwerper kon ek nie my oë glo oor hoe asemrowend mooi die rok aan my sit nie. Die diamant detail, die ‘sleeves’ wat my perfek pas… Elke stukkie van die rok was net vir my gemaak en dit het my sagte stralende persoonlikheid uitgebring. Dis asof my droom matriekafskeidrok met my gepraat het en ek het heeltemal verlief geraak daarop. ‘She leaves a little sparkle wherever she goes.’ Hierdie is die gesegde wat in my kop vassteek wanneer ek na my rok kyk en dit is presies hoe ek gevoel het toe ek hom aantrek. Elke passing by Le Chante Haute Couture vertel ń storie en die gevoel dat ek nooit my matriekafskeidrok wou uittrek nie was altyd in my gedagtes.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet ek soek iets anders wat Tammylee ‘uitspreek’ as jy na die rok kyk. My vleeskleurige ‘sleeves’ met diamant detail oral op die arm wat afloop tot op my hand, dit het my soos ń prinses laat voel en my rok elegant afgerond. Die perfekte iets anders waarna ek gesoek het en wat my rok ongetwyfeld laat uitstaan. En natuurlik ook my afhaalbare ‘skirt’ wat net beskryf kan word as… ‘Avant Garde’ Iets wat nog nooit gesien is nie, wat ń verandering in mode bring deur ń unieke en innoverende ontwerp.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media