Taliaah Lonte
Hoëskool Upington
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bitterlik
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nie 'n spesifieke voorbeeld gehad van hoe ek wou hê my matriekafskeidrok moes lyk nie, maar ek het geweet ek wou iets hê wat elegant, uniek en vol lewe is. Toe ek die finale rok sien, het dit my asem weggeslaan. Ek was so dankbaar en bly om te sien hoe Stephen Van Eeden my drome in iets ongelooflik verander het. Die rok het my selfversekerd en mooi laat voel. Presies soos ek wou voel op so 'n spesiale aand.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Hierdie rok beteken vir my baie meer as net 'n mooi uitrusting vir my matriekafskeid. Dit simboliseer vir my 'n afsluiting van 'n belangrike hoofstuk en die begin van 'n nuwe een. Toe ek dit aantrek, het ek gevoel ek kan regtig myself wees elegant en vol lewe.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03