Taitum Scott
Hillcrest High School
Tuisdorp
Hillcrest KZN
Skool
Hillcrest High School
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is ontwerp deur Christy Ellen Couture met idees wat ek vantevore mee gekom het - n droom van sagte elegansie en tydlose styl. Elke besonderheid het soos n sprokie gevoel.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het my inspirasie gekry uit sprokies en tydlose liefdesverhale - ek wou he my rok moes soos iets uit n prinses se wereld voel, vol lightheid, romanse en sagtheid. My rok weerspiel die beste weergawe van myself, selfversekerd, sag en uniek. Ek wou he my rok moes n storie vertel sonder woorde.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net n mooi uitrusting. Dit simboliseer die einde van een hoofstuk and die begin van n nuwe een. My rok is vir my die vergestalting van n droom wat waar geword het. Elke besonderheid herinner my aan die opwinding, die emosie en die spesiale oomblik toe ek besef het: hierdie aand is myne.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vir my was die hoogtepunt die gevoel van trots en dankbaarheid toe ek uit die motor gestap het - om te weet ek het hierdie mylpaal bereik, omring deur mense wat vir my saak maak. Dit het gevoel soos n sprokie wat vir een aand lewe gekry het.
Planne vir na matriek
Na matriek beplan ek om Hotelbestuur te studeer. Ek het nog altyd n liefde vir mense en gasvryheid gehad en ek sien uit daarna om n loopbaan te bou waar ek ander se ervarings besonders kan maak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker
Datum van matriekafskeid
2025-04-12