Susan Marlow
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Gauteng, Pretoria
Skool
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Mathilda Haute Couture.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Dit was n rok wat ek in graad 9 al gekies het. Ek het dit aanvanklik op Instagram gesien van n oorseese maatskappy. My rok was gemaak met die idee van n elegante vrou.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken vroulikheid en selfvertroue. Met hierdie rok het ek gevoel soos n princess. Ek het mooi gevoel, soos net n vrou kan.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit was defintief n hoogtepunt toe my klasmaats en onderwysers my vir die eerste keer sien in my rok. Ek het met selfvertroue by die rooitapyt afgeloop en niemand kon glo dat dit ek was wie die rok dra nie. Nie omdat dit gladnie by my pas nie, maar omdat mense my ken as n skaam, stil meisie. Daar het voor hulle nou n jong vrou gestaan in n rok wat haar persoonlikheid en menswees tot op die nippertjie uitgestraal het.
Planne vir na matriek
Ek wil baie graag arbeidsterapie gaan swat by Tukkies.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kolwyntjie.
Datum van matriekafskeid
2025-10-07