Sunelle Venter

Hoërskool Florida

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die handgemaakte geel rok bestaan uit ‘n deursigtige korset met drapering bo-op en sagte geel blommetjies op die tule moue en top. Die romp bestaan uit meter en meters sagte tule. Die volume aan die romp is opgemaak deur die valle wat oral aangewerk is met die hand. Daar is ook ‘n paar onderrokke ingesit uit harde net om die drama te gee aan die romp. Dit het weke gevat om hierdie unieke skepping te maak. Alles die moeite werd vir die lewende sprokie rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Baie mense ken my as iemand wat altyd n glimlag op my gesig het, altyd giggel en n sonskyn mens is. Tydens die soektog vir die perfekte matriekafskeidrok het ek net een voorwaarde in my kop gehad: die rok moet my persoonlikheid weerspieël. Die oomblik wat ek hierdie pragtige rok aangepas het het ek geweet dis die een. Ek wou nog altyd n "WOW" reaksie by mense gelok het, iets wat nog niemand van tevore gesien het nie en almal was net so mal oor die rok soos ek. Ek dink ek het werklik n "statement" met die rok gemaak, ek is nie een oomblik spyt oor my keuse nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok behalwe dat dit geel is, is beslis die feit dat terwyl ek op die dansvloer was het die rok al die pad saam my gedans en rondgespring. Ek is mal oor die rok wat so groot is en dan lyk dit nog boonop soos die rok van Belle in Beauty and the beast.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media