Suné van Dyk

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Pinterest was beslis my deurslaggewend inspirasie vir my droom matriekafskeid uitrusting! Letterlik honderde prentjies was gestoor om uiteindelik die idee uit te beeld wat my sprokie sou bewaarheid. Skitterende materiaal en sagte veertjies op die skouers van ‘n eenstuk kortbroek was maar net die begin… ‘n lang romp, sleep met fyn veertjies, en ‘n elegante slit voor het die finale idee besonders mooi afgerond. Me. Karen van “Chosen for You” in Krugersdorp moes maar ewe geduldig help om seker te maak dat ek op my mooiste kon lyk. My ontwerp keuse was definitief ‘n uitrusting wat stylvol, modern en uniek moes wees sodat ek op my beste kon lyk en voel!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die spesifieke kleur blou het ek gekies om my oë te laat sprankel en die styl was gesinspireer deur my beste vriendin, my ma. Sy het my raad gegee en gehelp om my droom matriekafskeid rok te ontwerp wat my persoonlikheid die beste gaan weerspieel. Soos die gesegde waarby ek leef “Wees jouself. Almal anders is reeds gevat.” – Oscar Wilde

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die sagte vere op my skouers en op die agterkant van die sleep! Ek het vroulik gevoel en kon die sagte kant van my self uitbeeld. Die feit dat die romp afgehaal kon word, het die uitrusting ‘n nuwe voorkoms gegee. Die kortbroekpakkie was gemaklik om in te dans en was beslis ‘n wenner!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media