Suné Heyns

Suné Heyns Suné Heyns Suné Heyns

Ouderdom

18

Tuisdorp

Middelburg

Skool en dorp/stad van skool

Middelburg Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek en ma het verlede jaar saam besluit om hierdie rok vir my te maak gebasseer op n foto wat ons op afgekom het. Die aanvanklike idee was om dieselfde kleur as op die foto was te gebruik, maar toe ons by die materiaalwinkel ingestap het, het die ligte blou per toeval my oog gevang en het ek geweet dat dit die kleur is.
Die kant het ek die silwer gekies...beide kleure het my oë uitgebring. Ek is maar skaam, maar wil graag meisies daar buite inspireer om buite hulle gemaksone te gaan. God het ons uniek gemaak. Omhels die mooi wat Hy jou gegee het. Ek het beeldskoon gevoel, asof my ma by my was en haar glimlag het my die heeltyd vergesel. Sy is in Maart oorlede....Die proteas was iets waarmee ek my ma kon vereer in my skool loopbaan...die rok was ons laaste projekkie saam. Sy was daar aan die begin en het van bo af geglimlag op die dag van my matriekafskeid.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media