Sumari Terblanche

Maragon Mooikloof Private School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Nadat ek besluit het op'n nousluitende silhoeët rok ontwerperstyl , was dit vir my belangrik om n unieke kleurskakering te kies om die kleur van my hare, oë en velkleur in die proses aan te vul. Ek kies altyd helder kleure vir funksies, maar vir hierdie spesiale aand het ek n stylvolle vanilla koffiekleur rok gekies, met delikate chiffon , silwer kralewerk en glasdiamante om elegansie uit te straal – dus anders en indrukwekkend - met baie sjiek en sofistikasie vir my spesiale aand!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Maragon Mooikloof Private School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was n tydlose , unieke ontwerp met n kontemporere kinkel, wat ook my persoonlikheid komplimenteer en ek dink hierdie 3 woorde som dit die beste op: “Classic, sheer – beaded and fiercly feminine” Ek wou my kleindogterjie - droom waar maak met n glansryke , grasieuse rok wat koppe laat draai en asems wegslaan, n kombinasie van teksture, diamante detail op n noupassende korsetlyfie wat glinster in die ligte , n sagte, lang deurskyndende sleep en n dalende ruglyn met satynvleg saamgebind. Dit was my eerste regte aantrek-affêre; n belanrike stap na n nuwe stadium in my lewe en ek wou die prinses in my eie feeverhaal wees!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die lang chiffon sleep -romp gedeelte , wat vloei vanaf my middelyf en sag en wyd na agter drapeer , het my soos n koninigin laat vertoon en het my ekstra deftig laat voel as ek draai en dans. Vol en sag gewaai in die wind toe ek arriveer - my sprokie het waar geword !

Datum van matriekafskeid?

2023-08-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media