My inspirasie vir my matriekafskeidrok was ’n moderne, stylvolle voorkoms wat mooi en figuurpas was. Ek het iets gesoek wat selfvertroue uitstraal en terselfdertyd elegant bly.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was hoe gemaklik ek daarin gevoel het. Ek het dadelik geweet dis die regte rok vir my—met die eerste oogopslag het ek alles gekry waarna ek gesoek het.