SuléKa du Toit

Hoërskool Pionier

Tuisdorp

Vryheid

Skool

Hoërskool Pionier

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Claris deur Gerrit Pienaar

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok is totaal en al anders as die oorspronklike styl wat ek wou gehad het, maar die oomblik wat ek myself in daai rok gesien het was ek verlief, verlief op elke deel daarvan. Navy blou dra ń gevoel van diepte en erns, soos die nag se stilte wat jou omvou en veilig laat voel. Die kleur roep ook ń gevoel van stil verlange, soos die diep see wat gehuime fluister wat net die hart verstaan. Blou is nog altyd ń kleur wat met my praat en na aan die hart lê.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het werklik verlief geraak op my rok al van die eerste keer wat ek die rok aangehaat het en myself in die spieel gesien het. In spreuke 31:10 sê hulle “ń knap vrou is baie werd, meer werd as edelstene” Dis nie dat ek laag dink van myself nie, maar met daai rok aan het dit die eerste keer in ń baie lank tyd gevoel asof ek werklik meer werd is as edelstene. Matriekafskeid is iets waaroor ek gedroom het al van kleins af en om ń mooi, elegante rok te dra. Ek het nie vir een oomblik gedink een rok kan ń mens so goed laat voel nie. In my matriekafskeid rok het ek soos ń prinses gevoel en nie een uit sproekie nie, maar een wat haar eie storie skryf en met elke tree het ń vlam binne my gebdrand. ń Stille krag wat my herhinner het aan wie ek werklik is. Toe ek die rok aantrek was dit asof ek in my eie vel terugkeer. Iets diep en oud binne my het wakker geword en vir die eerste keer in ń langtyd het ek meer as genoeg gevoel,stralend, sterk en onmisbaar.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die onthaal self was die hoogte punt vir my (en die “afterparty”). Die kans om vir ń laaste keer saam my mede matrieks te kuier. Die laaste bietjie lekker voor ons ons wedloop voltooi. Een aand waar almal vergeet van al die sleg, die drama, die konflik en skandes. ‘n Aand waar almal weer saam kon wees en afskeid neem, gevul met herhinneringe en liefde. Een laaste groot vuuring saam vriende. Die laaste lekker voor ons 6 weke van skouer aan die wiel tot die wenpaal. Al hierdie wat ‘n samestelling van een ongelooflike aand en belewenis gee. Die droom van n graad 8 dogter wat die eerste keer haar “seniors” gesien het en die saadjie geplant het vir “memories” wat eendag gaan kom en dit het wel en was beter as die drome daarvan.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om my drome na te jaag en ’n pad te stap wat my toekoms vorm met doelgerigtheid en deursettingsvermoë. Ek wil verder studeer in ’n rigting wat my passie aanwakker, nuwe vaardighede aanleer en my plek in die wêreld vind. Hoewel die toekoms onseker is, sien ek dit as ’n kans om te groei, uitdagings aan te pak en my eie unieke merk te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Woefkardoes

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media