Stephané Kellerman

Teneo

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n rok ontwerp wat ek weer kan dra in die toekoms, bv. na n universiteit huisdans. Daarom het ek besluit op n twee stuk rok sodat ek dit op verskeie maniere kan dra.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Teneo

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vanaf ek in Graad 10 was het ek al geweet wat ek wou hê as my matriekafskeid rok. Behalwe vir die feit dat ek nog altyd van groen gehou het, het ek so bietjie dieper navorsing gaan doen oor wat groen en "oyster silver" simboliseer. En die inligting was eintlik baie toepaslik met wat n matriekafskeid simboliseer. Groen simboliseer groei, hoop en net oor die algemeen gesondheid. En die "oyster silver" simboliseer n nuwe begin. Die rok heg soveel verskillende stadiums in ons lewens aanmekaar. Eerstens die groen heg my agter grond aan my, mening ek is n boere meisie. Tweedens van Laerskool tot Hoerskool groei ons tot individues wat die groot mens wêreld moet aanpak. Laastens matriekafskeid is die afskeid van die 12 jaar se skool gaan, en maak jou reg vir die nuwe begin wat voorlê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my matriekafskeidrok is dat my rok n twee stuk is. Dit beteken ek kan my toppie saam met n jean aantrek, en my rok kan ek weer paar saam met n ander toppie. Om die manier kan ek my rok op verskeie maniere dra.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media